Sunday 20 September 2026Sondag 20 September 2026
Showed up? Hand to the plough. Engage!Opgedaag? Hand aan die ploeg. Engage!
Text: Luke 9:57–62, with Acts 2:41–42 and Ephesians 4:16 (NLT)Teks: Lukas 9:57–62 (NLV)
Opgedaag? Hand aan die ploeg. Engage!
Lukas 9:57–62 · Handelinge 2:41–42 · Efesiërs 4:16 · Sondag 20 September 2026 · Dawid
Verlede Sondag se lyn was: If it matters, ShowUp! Hierdie preek vra wat daarná kom. Op die pad Jerusalem toe antwoord Jesus drie mans wat Hom wil volg, en twee van hulle sê "eers". Sy antwoord wys elke keer dieselfde kant toe: die ja is ’n pad, nie ’n plek nie; wie geroep word, kry werk, nie uitstel nie; en wie die ploeg gevat het en agtertoe kyk, kan Hy nie gebruik nie. Opdaag is nie die wenpaal nie — dis jou hand aan die ploeg. Nou ploeg jy vorentoe, sonder "eers", sonder omkyk.
Die voorman se vraag
Sewe-uur die oggend op ’n bouterrein. Elkeen teken die register by die hek, helm op, weerkaatsbaadjie aan. En dan is daar een man wat die hele dag by die bakkie staan. Sy naam is in die boek. Halfvyf klok almal uit, en by die hek vra die voorman nie "was jy hier?" nie — jou naam staan in die boek. Die voorman vra: wat het jy gedoen?
Of jy verlede week se preek gehoor het of nie, jy is vanoggend hier, en jy is welkom. Maar is ons nou klaar?
Daar is ’n sin wat ek al baie in hierdie gebou gehoor het en self al gesê het: "Ek sal, Here. Maar eers…" Eers as die skofte regkom. Eers as die kinders groter is. Nie een daarvan is sonde nie. Maar hulle staan almal op dieselfde plek in die sin — tussen "ek sal" en die werk.
In Lukas 9 kom drie mans by Jesus uit op die pad. Twee bied aan; een word geroep. Twee van die drie sê "eers", en Jesus antwoord al drie. Vandag wil ek hê elkeen wat opgedaag het, moet sy hand aan die ploeg sien — en sy "eers" by die naam noem en dit los.
Waar op die pad ons is
Lees Lukas 9:57–62. In 9:51 draai Jesus sy gesig vasberade na Jerusalem. Die eerste dorp op daardie pad maak die deur vir Hom toe (9:52–56), en reg ná ons gedeelte stuur Hy twee-en-sewentig mense vooruit (10:1). Tussen die toe deur en die uitstuur kom die drie gesprekke, terwyl hulle loop. Elke keer sê ’n mens iets, en dan sê Jesus iets anders — agt keer in ses verse staan daar ’n woordjie wat "maar" sê. En wat Lukas nié skryf nie, is wat die drie toe gedoen het. Nie een kry ’n einde nie. Lukas los die einde oop, want jy moet dit skryf.
1. Wie Jesus volg, loop sy pad (Lukas 9:57–58)
Die eerste man lyk na die maklike een. Hy kom uit sy eie, niemand het hom geroep nie, en hy stel geen voorwaarde nie.
En Jesus sê nie "nee" nie — daar is geen "nee" in vers 58 nie. Hy sê vir hom waarheen. Die jakkals en die voël het ’n plek waarheen hulle teruggaan as die dag klaar is. Die Seun van die Mens het nie so ’n plek nie. Dis ’n beskrywing van die pad. Dit gaan Jerusalem toe, deur dorpe wat die deur toemaak.
"Ek sal U volg" kry jou nie ’n plek nie. Dit kry jou ’n pad.
Party van julle het al vir ’n shutdown "ja" gesê. Daardie "ja" is nie ’n woord wat jy gesê het en klaar nie; dis ’n bus om vieruur die oggend, ’n hostel met ’n dun matras, ’n vrou wat ses weke alleen die kinders skool toe vat. Jy het vir ’n pad ja gesê.
Jou opdaag was ook ’n ja. Toe jy deur daardie deur geloop het, het jy vir God gesê, al was dit sonder woorde: ek is hier, Here; ek sal. Maar Jesus sê nie vir die man met daardie woorde "welkom, jy het aangekom" nie. Hy sê: dan loop jy waar Ek loop. Hierdie gemeente is in ’n seisoen waar baie dinge skuif, en ’n mens wil êrens gaan sit waar niks skuif nie. Maar Jesus belowe ’n pad, en Hy belowe Homself op daardie pad. Dis al, en dis genoeg.
2. Wie Jesus roep, kry werk, nie uitstel nie (Lukas 9:59–60)
Die tweede man het nie aangebied nie; Jesus het hóm aangespreek, met dieselfde twee woorde as vir Levi by die tolhuis (Lukas 5:27). Hy sê ja, maar sit iets vóór die ja: eers sy vader begrawe — in daardie wêreld een van die hoogste pligte van ’n seun.
Die man vra nie om iets verkeerds te doen nie. Hy vra om iets goeds eerste te doen. En Jesus sê nee — nie vir die begrafnis nie, vir die volgorde. En dan die kontras, met die "jy" vet in die Grieks: die man se werk is om die koninkryk van God te gaan aankondig. Hy het gesê: laat my gaan begrawe. Jesus sê: gaan — en kondig aan. Hy vat die man se eie "gaan" en gee dit ’n ander adres.
Wie Jesus roep en "eers" sê, kry van Hom nie tyd nie. Hy kry werk.
Jou "eers" is ook ’n goeie ding. Dis hoekom dit werk. Dis oortyd, en oortyd is die kos op die tafel. Dis die kinders se sport op ’n Saterdag. Dis die huis wat afbetaal moet word. Dis die ou seer wat eers moet gesond word. Lukas het die sin twee keer neergeskryf sodat jy joune sou herken.
Wat is jou bediening? (Efesiërs 4:16)
Wat is die werk dan? Paulus teken dit in Efesiërs 4:16: die liggaam van Christus groei en bou homself op wanneer elke deel sy eie werk doen. Nie wanneer elke deel opdaag nie. As een man die hele dag by die bakkie staan, staan die hele werk saam met hom — nie omdat hy sleg is nie, maar omdat sy deel oop lê.
’n Ou boek oor die basiese dinge van die geloof vra ’n vraag wat elke Christen behoort te kan antwoord: wat is jou bediening? Nie ’n titel nie — die man wat die dagha aanmaak, het geen titel nie, en sonder hom staan die messelaar. As jy Sondag nie hier is nie, watter stuk werk lê oop? As die antwoord "geen" is, is dit nie omdat daar nie werk is nie. Dis omdat jy nog by die bakkie staan. Dít is Engage!, en dit staan op Efesiërs 4, nie op Lukas 9 nie.
Noem jou "eers". Een woord, nie ’n verduideliking nie. Oortyd. Sport. Die huis. Die seer. Geld. Moeg.
En kyk waar Jesus se antwoord die man neersit: na buite. In hoofstuk 10 sê die twee-en-sewentig in elke dorp presies daardie woorde (10:9–11). Die hand wat ploeg, word gestuur — Go! kom later in hierdie reeks, maar net vir ’n hand wat klaar ploeg.
3. Wie die ploeg vat, kyk vorentoe (Lukas 9:61–62)
Die derde man is die eerste twee bymekaar: hy bied aan soos die eerste, en hy sit ’n "eers" voor soos die tweede — eers sy huismense groet. Die kleinste "eers" kry die skerpste antwoord: nie ’n opdrag nie, ’n beginsel. Hand aan die ploeg, oë agtertoe — so iemand is nie geskik vir die koninkryk van God nie.
Die hand is aan die ploeg; die man het dit gevat. En sy oë is agter. Dit gaan nie oor die grootte van sy rede nie, maar oor die vorm van die sin: hand vorentoe, kop agtertoe. Lukas gee later self die kommentaar: onthou Lot se vrou (17:32). Haar voete het die regte kant toe gegaan, en sy het omgekyk. Jy gaan waar jy kyk.
Bygevoeg en toegewy (Handelinge 2:41–42)
Lukas 9:62 sê nie "word lidmaat" nie. Maar dieselfde Lukas skryf ’n tweede boek, en in Handelinge 2:41–42 wys hy hoe die hand aan die ploeg lyk tussen ander mense. Twee werkwoorde. Hulle het lede van die kerk geword (vers 47: die Here het hulle by hulle gevoeg) — ’n klomp mense met ’n getal; Lukas tel hulle omdat hulle getel kon word. En hulle het hulle toegewy — aan die leer, die gemeenskap, die brood, die gebed. Dít is Join!, en dit staan op Handelinge 2. Engage! staan op Efesiërs 4.
Die toets
Loop vanmiddag tien tree in ’n reguit lyn oor die parkeerterrein, met jou kop oor jou skouer gedraai, en kyk dan waar jy staan. Of lê ’n reguit sweislas terwyl jy na die vorige las kyk. Jy kan nie — nie omdat jou arm te swak is nie, maar omdat ’n mens se hande gaan waar sy oë is. Jou hand is óp die ploeg, maar jy kyk oor jou skouer, en die voor kom skeef.
Nie bruikbaar nie
"Nie geskik nie" kan net so goed vertaal word met "nie bruikbaar nie" — ’n gewone werkswoord, die soort wat jy vir gereedskap gebruik; Lukas gebruik dit in 14:35 vir sout wat sy smaak verloor het. Jesus sê nie "jy is verlore" nie; dit staan nie daar nie. Of Hy praat oor wie inkom of oor wie werk, sê die vers nie. Maar moenie dit te sag maak nie. Enige man wat al vir ’n voorman gewerk het, weet wat dit beteken as die voorman sê: los hom, hy is nie bruikbaar nie. Jy is nie ontslaan nie. Jy staan net by die bakkie.
Jou "eers" is presies daardie kyk oor die skouer — na ’n goeie ding, of na ’n voorwaarde wat jy self gestel het. En terwyl jy kyk, loop die voor skeef.
Slot
Nie een van die drie mans kry ’n einde nie. Lukas het dit oopgelos, vir jou.
Jy het opgedaag; dít was ShowUp!. Toe jy deur daardie deur geloop het, het jy die ploeg gevat. Nou is die enigste vraag waar jou oë is. Die Here kan ’n verdeelde volgeling nie vir die koninkryk gebruik nie — nie omdat Hy hom nie liefhet nie, maar omdat die voor skeef kom.
Dit is nie ’n preek om die rooster vol te kry nie: die byeenkomste is nie die ploeg nie, die volg is die ploeg. En as jy dink "ek het al so baie keer begin": die hand ís aan die ploeg. Jesus vra net waar jou oë nou is.
Volgende Sondag: Disciple! — wie leer jou, en wie leer jy? Vandag is die hand aan die ploeg.
Vir hierdie week
- Noem jou "eers". Een woord, voor God, nou: Here, hier is my "eers"; ek los dit; ek kyk vorentoe. En sê dit vir een mens voor jy hier uitstap, sodat dit gehoor is.
- Vat een stuk werk in hierdie liggaam. Nie ’n stoel nie; opdaag was verlede week. Help by TrainUp!. Bring Woensdagaand 19:00 ’n bydrae by FanTheFlame! — lede bring die boodskap. Kom sit vanaand 18:00 by GoMake! se Groot Opdrag-kursus en bring een naam saam — een mens vir wie jy die koninkryk gaan aankondig — en bid daardie naam Saterdagmiddag 16:00 by WatchAndPray!. Kies een. Hierdie week, nie "eers" nie.
- Sluit aan. As jy hier aanbid, al maande, dalk jare, maar niemand kan jou tel nie: word lidmaat. Nie omdat Lukas 9 dit sê nie; omdat Handelinge 2 dit wys.
Opgedaag? Hand aan die ploeg. Engage!
1858 woorde
Showed up? Hand to the plough. Engage!
Luke 9:57–62, with Acts 2:41–42 and Ephesians 4:16 · Sunday 20 September 2026, 07:30 · Dawid
Showing up is not the finish line. It is your hand on the plough. Luke puts three men on the road to Jerusalem with Jesus — a volunteer, a man Jesus calls, and a man who says "I will, but first" — and Jesus answers all three the same way: following him is a road, not a place; it comes with work, not a delay; and it is done looking forward, because you go where you look. So: name your own "but first", let it go, and this week take your place in this body and your share of its work.
The foreman’s question
Seven o’clock on a building site. A man signs the register, puts on his helmet and his vest, and then stands at the bakkie all day. At four he clocks out, and the foreman does not ask whether he was here — his name is on the register. The foreman asks one thing: what did you do?
Some people are in the building this morning because something said here last week stuck. Welcome — your name is on the register. But the foreman’s question stands. And now? Came, sat, sang, done?
There is a second sentence in the room, and it is more familiar than the first. I will, Lord — but first. First the shifts must settle. First the children must be older. First that old business with that person must be sorted out.
Three men, one road
Luke 9:51 says Jesus set his face towards Jerusalem — towards the cross. The first village on that road would not have him (9:52–56). Straight after our passage, in 10:1, he sends seventy-two ahead of him into every town on the way. So this is a road, it is going somewhere, and it is going there under pressure.
On that road three conversations happen (9:57–62). Each time a man says something and Jesus says something back, and each time Luke joins the two with "but": what the man offers, but what Jesus says. Two of the three came to Jesus on their own; the man in the middle did not — Jesus went to him.
And Luke never says what any of them did next. The ending is left open. You write it.
1. Whoever follows Jesus walks his road (Luke 9:57–58)
There is nothing wrong with what the first man says. He will follow wherever Jesus goes — no conditions, no "first". He is the most willing man in the chapter.
Jesus does not say no to him; there is no "no" in verse 58. He tells him where. The fox has its hole and the bird its nest; the Son of Man has nowhere to put his head down. In other words: you said "wherever" — so hear where I am going. Not to a place. Along a road, and the road has a cross at the end of it.
Your showing up — last week, this morning, whenever it was — was a yes. Good. But it was a yes to a road, not to a place — and this road had just had a door shut in its face at the first village. It runs through the shifts, the house, and the people in this building you would rather not sit next to. If you said "wherever", that is where "wherever" is.
2. Whoever Jesus calls gets work, not a delay (Luke 9:59–60)
The second man did not volunteer. Jesus went to him: follow me.
The man’s answer is completely reasonable — let him first go and bury his father. In that world, burying your father was the heaviest duty a son had. This is a good man with a good reason.
Jesus tells him to let the dead bury their own dead — and you, go and announce the kingdom of God. Look at what he does with the man’s own word. The man says: let me go and bury. Jesus says: you go and proclaim. Same word, different address. He does not give him time. He gives him a job.
Now the little word "first". Luke writes it twice in this passage (verses 59 and 61), and both times it stands in front of a good thing — a funeral, a goodbye. Not a sin. Jesus is not refusing the funeral. He is refusing the "first": the follow-me that has to wait until something else is finished.
What that work looks like in a body. Ephesians 4:16 gives the picture: the body of Christ is fitted together and grows as each part does its own work. Not: each part shows up and watches the other parts.
Engage! stands on Ephesians 4:16, not on Luke 9. Luke 9 gives you the hand on the plough; Ephesians 4 says what the hand does in a body — its own share of the work. So there is a question every one of us should be able to answer, and most of us cannot: what is your ministry? Not the pastor’s, not the church’s. Yours. If you cannot name it, someone else is carrying it or it is not being done.
On a site, your name on the register says you were there. Your name on the job card says what you were there for. A hand does not attend. A hand does something.
One care here: the work Jesus gives the second man points outward — go and announce the kingdom. The gatherings in this building are where we learn and practise that work before we carry it out the door.
Name the "first"
What is yours? Overtime. The children’s sport. The house that is not finished. The old hurt with somebody in this building that has to be sorted out before you can — before you can what? One word. Not the excuse; the "first".
It is a good reason. Yes. So was a funeral.
How far does Jesus take this? When Elijah called Elisha from behind the plough, Elisha asked to kiss his parents goodbye first, and Elijah let him (1 Kings 19:19–21). Jesus, with the very same request in front of him, does not.
And the hand that ploughs gets sent — that is where this series is going. But first the hand has to be on the plough.
3. Whoever takes the plough looks forward (Luke 9:61–62)
The third man is the first two put together: the first man’s offer — I will follow you, Lord — and the second man’s condition — but first let me say goodbye at home. That is our sentence, word for word.
Jesus gives him not an order but a principle: nobody who has put a hand to the plough and looks back is fit for the kingdom of God. The size of the reason does not come into it. A goodbye is small; a funeral was big. Jesus answers both the same way, because the shape of the sentence is the same: I will — but first.
Where the hand belongs. A hand on the plough with nobody around it is a man alone in a field. Luke answers that in his second book. In Acts 2:41–42, straight after the first sermon, those who believed were added — three thousand, counted — and devoted themselves to the apostles’ teaching, to each other, to the table, to prayer. Nobody in Acts 2 follows Jesus on his own.
To be plain: Luke 9:62 does not say "become a member of a church", and it will not be made to say that. Join! stands on Acts 2. Luke 9 gives you the hand on the plough; Acts 2 gives you where that hand belongs: in a body, counted, committed.
The test
This afternoon, in the car park, walk ten paces in a straight line with your head turned over your shoulder. Then look where you are standing. Or push a wheelbarrow of cement across the yard while looking behind you. Or lay a straight weld bead while looking at the last one.
You cannot, because your hands go where your eyes are. A man with his hand on the plough and his head over his shoulder does not stop ploughing — he ploughs crooked. The furrow bends towards whatever he is looking at.
That is what the "first" is: a look over your shoulder. At what you left behind. At the conditions you set. And the furrow follows. Luke comes back to this later in his own book — Lot’s wife, who looked back; remember her (Luke 17:31–32).
And to those who have started so many times: the hand is on the plough; that part is done. The question is where your eyes are right now.
Not usable
The hard word at the end of verse 62 has to be said exactly as carefully as Jesus said it. He does not say what becomes of such a man; he says what he is: not fit — not usable — for the kingdom of God. It is the same word he uses about salt that has gone flat, no good for the soil or the heap (Luke 14:35). Hear that as a working man. Somebody looks at your work and says, "I can’t use this." For many of us that is worse than "you’re fired". It is a judgement on the job.
That is not softened here, because Jesus did not soften it; and it is not made to say more than it says. He can use a man who ploughs forward. He cannot use a divided one.
Next Sunday: Disciple! This week is the plough.
For this week
- Now, in your seat. Name your "first" in one word before God — not out loud, but honestly. Then let it go. Not because it does not matter; because it is not going in front of him any more.
- This week, one piece of work in this body. Not a chair — work. Help at TrainUp!. Bring something to FanTheFlame! on Wednesday at 19:00, where the members bring the message. Sit in GoMake! this evening at 18:00, in the Great Commission course, and bring one name — one person you are going to announce the kingdom to — and pray that name at WatchAndPray! on Saturday at 16:00. One, not all of them. The first obedience, not the size of it.
And the door: if you have worshipped here for a year or five and never actually joined — never been added, never counted — that is your "first", and you already know it. Join.
The foreman’s question was never "were you here?" It was "what did you do?"
1804 words